BEURSE 2019!

Baie geluk aan die volgende leerders wat elkeen 'n beurs ontvang het vir die opleiding tydens 2019 se Speeltoneel Projek:

Gustav Palm

Wilmari Gobey

Celeste de Beer

Katleho London

Donovan Matthews

 

Hierdie beurse word met trots geborg deur Uitblinkers.

 

SPEELTONEEL insamewerking met Izak Davel en ABS Produksies

Bepalings en Voorwaardes

SPEELTONEEL word aangebied deur Izak Davel en ABS Produksies.

Ons is geweldig opgewonde oor Speeltoneel 2019! Die projek fokus veral op routalent ontgun, daarom kon enige iemand ‘n oudisie bywoon, al het hy/sy geen ervaring in drama nie. In hierdie 1 jaar periode fokus ons absoluut op die ontwikkeling van elkeen deur middel van ‘n kombinasie tussen opleiding en geleenthede.

5 Leerders word geborg om vir 1 jaar klas te loop by Izak Davel en sodoende voorberei te word vir die aaneenlopende geleenthede wat regdeur die jaar plaasvind. Geleenthede sluit optredes by vertonings soos Sing in Harmonie (4000 toeskouers), Kleuterzone, Uitblinkers en meer in. Daar is ook teaterstukke wat opgeneem word, te sien op kykNET NOU se Uitblinkers en Kleuterzone.

Leerders wat gekies word, maar nie een van die 5 geborgde leerders is nie, kry steeds die geleentheid om deel te neem aan die opleiding en teater produksie. Hierdie leerders betaal egter 'n fooi vir klasse wat aangebied word vanaf Januarie 2019. In die proses word elke leerder opgelei in drama en spesifiek ook teater en televisie drama.

Alle leerders word deur Izak Davel beoordeel en die beslissing is finaal.

Klasse word aangebied in Witbank, Thabazimbi, Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, en Bloemfontein. 

Vir meer inligting stuur gerus 'n e-pos na izak@absproductions.co.za of stuur 'n boodskap na 0721231908. Dit kan tot 24uur neem vir terugvoering.