NUWE INSKRYWINGS VIR 2018!!

Inskrywings vir Sing in Harmonie 2018 is oop vir alle laerskool en hoërskool kore landwyd.

Weens 'n beperking op die aantal inskrywings word skole aangeraai om so spoedig moontlik hulle inskrywings aan die Abs produksie kantoor deur te gee.

Die amptelike sperdatum vir inskrywings is Woensdag, 14 Februarie 2018.

Vir die inskrywingsvorm stuur gerus 'n epos aan rensche@absproductions.co.za of laai dit af hieronder.

Stemlyn / Algemene Bepalings en Voorwaardes

Die stemlyn word onafhanklik bestuur deur Henjane (Pty) ltd en is oop vir kykers in Suid-Afrika.

Stemlyne open gedurende elke episode se uitsending en sluit die daaropvolgende Vrydag om 14:00, waarna die kykerskeuse bekend gemaak word op Vrydag via die Sing in Harmonie Facebook blad. Die Sing in Harmonie Facebook blad kan gekry word onder "Sing in Harmonie" op die soekpaneel by www.facebook.com .

Die kykerskeuse kan ooreenstem met die beoordelaarskeuse.

Die Kykerskeuse van elke reeks ontvang 'n 10 snit cd opname ter waarde van R20 000 (hierdie is nie harde kontant nie).

Alhoewel die stemlyn oop is vir die publiek, word dit aanbeveel dat 'n volwassene toestemming moet gee aan minderjariges om deel te neem.

Kykers kan die inbelsentrum skakel by 011 913 0750 vir meer inligting.

Die inskrywings ooreenkoms word aangegaan tussen die skoolhoof van deelnemende skole en Abs Produksies, daarom kan die gedetaileerde resultate slegs deur 'n skoolhoof aangevra word. Dit sluit sensitiewe inligting van die betrokke skole in en kan dus nie met kykers direk gedeel word nie.

Stuur gerus 'n e-pos na jan@henjane.co.za vir meer inligting.

Noord-Streke vir Laerskole - Sing in Harmonie Inskrywingsvorm 2018

Kaap-streke vir Laerskole - Sing in Harmonie Inskrywingsvorm 2018

Sing in Harmonie Hoërskole Inskrywingsvorm 2018