Abs produksies is die enigste produksiehuis wat 'n gratis klank en beligting diens bied aan skole in Suid-Afrika.

 

Hierdie diens behels gratis klank en beligting wat deur een van ons professionele spanne behartig word tydens 'n konsert, revue of selfs operette, inruil vir hierdie diens verfilm ons die dvd van die konsert wat na afloop aan die ouers beskikbaar gestel word. Die prys van hierdie dvd word op 'n glyskaal bepaal, vir meer inligting kontak gerus vir Rensche by 074 8868 719. Aflewering van dvd's geskied 4 weke van opname datum, ouers hoef dus nie maande te wag vir hulle dvd's nie, en gemoedsrus vir die skool is gewaarborg. Die omslag-ontwerp is ook ingesluit.

Abs beskik ook oor sy eie duplikasie en replikasie diens vir individue en instansies. Hier word cd's en dvd's gedruk met 'n minimum van 300 eenhede. (hierdie funksioneer heeltemal apart van ons spesiale dvd en paket hierbo uiteengesit).