Rugbyramme

Rugbyramme gee laerskole in Suid-Afrika die geleentheid om deel te neem aan die eerste nasionale rugby televisie – kompetisie. Die reeks bestaan uit 15 episodes wat al 9 provinsies die geleentheid gee om deel te neem.

Met die gewig wat rugby dra onder die kykNET nou kykers, is daar beslis ‘n behoefte raakgesien om blootstelling veral onder laerskool leerders na die volgende vlak te neem.

Die kompetisie bied ‘n reuse pryspakket wat ‘n R100 000 in kontant vir die wenskole insluit en ‘n eksklusiewe onderhoud met die wen kaptein en afrigter op die gewilde kykNET reeks, Toks en Tjops.

Weens lugtyd spasie op televisie, kan slegs 96 spanne (wat albei kategorieë insluit) deelneem aan reeks 1.

Sing in Harmonie

Sing in Harmonie is die grootste skole koor kompetisie in Suid-Afrika.

 

Met bykans 180 skool kore wat deelgeneem het in 2018 aan die reeks, gaan reeks 7 verseker van krag tot krag in 2019. Die kompetisie het 'n vars en nuwe uitkyk oor koorsang en neem die aktiwiteit na 'n nuwe vlak.

 

Die reeks word uitgesaai op kykNET NOU, kanaal 146 op DSTV.

 

Sluit gerus aan by die Facebookbladsy vir meer inligting.

Kleuterzone

Kleuterzone het ontstaan Januarie 2013 met die hoofdoel om die lewe deur die oë van 'n kleuter op 'n weeklikse basis te beleef.

 

Kykers kan elke week uitsien na die besoek aan verskillende kleuterskole regoor Suid-Afrika en Namibië waartydens die kleuters hulle oulike stories, drome en liedjies met ons deel.

 

Die skoolhoof kry ook die geleentheid om ons meer oor die skool te vertel.

 

Kleuterzone word uitgesaai op Kruiskyk TV, Tswane TV (kanaal 263), kykNET NOU (kanaal 146) en Mnet Family (kanaal 162).

 

Sluit gerus aan by die Facebookbladsy vir meer inligting.

Uitblinkers

Uitblinkers is die nuwe televisie reeks wat kuier by uitgesoekte skole regoor Suid-Afrika.

 

Elke episode bestaan uit 5 segmente naamlik Sterreklet, Pluspunte, Die skool, Kultuur items en die Solis vir Christus sangkompetisie.

 

Met Sterreklets kry die leerlinge van die skool die geleentheid om hulle gunstelling kunstenaar te kies, hulle vra 10 vrae en ons kameraspan besoek daardie kunstenaar persoonlik om die antwoorde te kry. Pluspunte is 'n segment wat aangebied word deur motiveerder, Rudolf Goosen van Durbanville, hier word sensitiewe onderwerpe aangeraak waarby kykers, tieners en kinders kan aanklank vind. Die skool segment handel oor die skool se doen en late. Met Kultuur items kry leerlinge wat uitblink op die verhoog die kans om hulle talente op nasionale vlak ten toon te stel. Die Soliste van die skool kry ook die geleentheid om bykans R100 000 in pryse te wen deur slegs 'n liedjie vir ons te sing.

 

Skakel in vir Uitblinkers, Sondae 16:00, Maandae 18:00, Woensdae 12:00 en Vrydae 12:00 op kanaal 146!

 

Sluit gerus aan by die Facebookbladsy vir meer inligting.

Ronnie die Renoster

Ronnie die Renoster is 'n splinternuwe kinder program wat Sondae te sien is op die kinderuur op kykNET nou.

Ronnie die renoster is 'n vriendelike renostertjie wat saam met sy wildbewaarder vriende, Riki en Jess, maatjies speel-speel leer van die natuur en lewenslessies deur stories en liedjies.

Met 'n opvoedkundige en Christelike aanslag, is hierdie program verseker 'n moet onder kleuter kykers.

 

 

 

Dans in jou taal

Die eerste televisie danskompetisie vir dansskole regoor Suid-Afrika is hier! Dans in jou taal word uitgesaai op kykNET nou, kanaal 146.

 

Met dansers regoor die land wat regdeur die jaar pligsgetrou is, het ons besef dat dit nodig is om 'n platform te skep waar hulle op nasionale vlak erkenning kry. Met hierdie kompetisie word dansskole die geleentheid gebied om 'n ondervinding van 'n leeftyd op te doen en in die proses hulle deel in bykans R150 000 in pryse los te slaan.

 

Sluit gerus aan by die Facebookbladsy vir meer inligting.

TV kanale waarop ABS programme uitgesaai word

TV kanale waarop ABS programme uitgesaai word