Wie is ons?

Abs Produksies het ontstaan gedurende 2007 met die hoofdoel op talent ontgunning in Suid-Afrika en Namibië, hierdie was die breinkind van Anthonie en Rensche Bougas.

 

Met die oog opslag op die vervaardiging van musiekvideo's het die maatskappy vinnig uitgebrei na een van die vinnig groeiendste produksie huise in Suid-Afrika.

 

Vandag is Abs die vervaardigers van 8 televisie reekse wat op 5 verskillende televisie kanale regoor Suider Afrika uitgesaai word.

 

Meer as 150 skole en instansies maak gebruik van die dvd diens wat uniek aan die maatskappy is jaarliks, en as dit nie genoeg is nie, neem die ABS ateljee ook bykans 150 liedjies per jaar op vir nuwe sowel as gevestigde kunstenaars.

 

Bykans 30 000 dvd's word jaarliks gedruk vir ons kliënte wat deur die span verfilm en vervaardig is, maar daar is ook 'n eksterne diens wat dvd en cd duplikasie insluit vir individue en kunstenaars.

 

Abs bied 'n eenstop diens vir skole, kunstenaars, televisie kanale, besighede en selfs individue regoor Suid-Afrika wat voldoen aan die industrie vereistes, met 'n hoofkantoor geleë in Pretoria en 'n tak in Kaapstad.